Table Of ContentWat sê
se
oor depressie?
PROFESSIONELE HULP VIR
DEPRESSIE & ANGS
webtuistes | kontaknommers | e-posadresse
#puppet
-projek
Meer en meer mense word vandag met depressie gediagnoseer, meer mense oorweeg selfdood en
dis mense wat ons ken. Ek is nie ‘n sielkundige of depressie-ekspert nie, maar ek baklei al vir 30 jaar
teen die siekte. Met sukses. Dit is my behoefte om ander wat elke dag teen die siekte baklei met
hierdie projek te ondersteun, die stigma nek om te draai en vir depressievegters te sê: “Práát oor jou
siekte. Om depressie te hê, is nié ‘n skande nie!”
Die doel van hierdie projek is dat jy
die siekte (depressie) en
die gedrag van familie/vriende (ook jou eie) met depressie beter kan verstaan.
Die #puppet-gids is nie die resultaat van ‘n kliniese navorsingsprojek nie. Die inhoud is saamgestel uit
inligting wat deur kundiges op die gebied van depressie verskaf is. My waardering daarvoor aan
Prof Piet Oosthuizen (Psigiater)
Prof Lizette Rabe (Ithemba-stigting)
Me. Janine Roos (Hoof: Mental Health Information Centre, Universiteit Stellenbosch)
Me. Liezl Wilckens (Sielkundige)
Mense wat vermoed hulle is depressief, móét deur ‘n sielkundige of huisdokter geëvalueer word om
met sekerheid te kan sê dat hulle wel depressie het. ‘n Evaluasie kan nie op grond van hierdie gids al-
leen gemaak word nie.
Depressie is nie ’n doodsvonnis nie. Met die regte behandeling kán ’n depressievegter se lewens-
kwaliteit verbeter.
Mag jy hierdie gids waardevol vind.
Johan Laten
[email protected]
“
Depressie
is ’n ernstige en algemene mediese toestand (’n siekte van die
brein) met groot impak op persoonlike vlak. Suid-Afrika se
grondwet … mense wat teen depressie veg, het die reg op re-
spek en toepaslike en doeltreffende behandeling.
Ontsnap van depressie
(prof Piet Oosthuizen)
2
Depressie worry nie of jy beroemd of onbekend is nie ...
iemand
jy?
wat jy
ken?
3
‘Life is
difficult’
* mense na
aan ons gaan dood Pierre
* die pressure om te
het met sy long board teen die spoed van wit lig teen die bult
presteer, raak net afgejaag. Hy het sy balans verloor en geval. Sy kop het hard
teen die teer geklap en die vel van sy een arm afgeskraap. Hy
te veel
het gegil van die verskriklike pyn. Op daardie oomblik un-
* ons het nie genoeg
bearable. En toe is Pierre ... lights out!
geld vir kos nie
Jacques
* ek is alleen
se pyn is meer as net
* ons verhoudings &
unbearable ...
planne werk nie
Hy is al vir langer as 2 weke
altyd uit nie
baie sad, permanent moeg,
moedeloos. Hy kan niks
daaraan doen nie en dit raak
nie beter nie. Hy kan nie
meer op sy eie met die pyn
deal nie.
Hy het dringend hulp nodig.
4
Jacques
se gevoelens is alledaags,
natuurlik & niks buitengewoon
nie.
...
Maar
sy battle van
14 dae +
met hierdie
intense emosies hou te lank aan.
Jacques sal deur ‘n sielkundige
geëvalueer moet word om vas te
stel of hy ’n depressief is.
5
SIMPTOME
hartseer
Ek is ... 24/7
geïrriteerd
Voel dikwels
kwaad
of
minder/geen belangstelling
gespanne
Baie en
in aktiwiteite wat ek love
bekommerd
oor alles
vergeet om goed te doen
Huil
baie
voel nutteloos en skuldig oor
alles
Eet te veel of te min
is die meeste van die tyd
Slaap te veel of te
op my eie
min
Is meeste van die
Dink baie
tyd moeg en het
aan die
baie min energie
dood
en om
baie afwesig uit die skool
’n einde
kan nie op skoolwerk konsentreer
aan my
lewe te moeilik om besluite te neem
maak.
6
Staan op en doen iets
wanneer jou emosies en die
simptome van depressie jou
lewe begin beheer en later selfs
Dit gaan nie van-
oorneem.
self weg nie. Wanneer ’n
hulp
depressievegter nie kry om
hierdie simptome te hanteer of beter te manage
nie, kan dit lei tot selfdood.
7
“It’s important to
remember that no
one sign means that
there is a problem.
It’s important to exam-
ine the nature, intensi-
ty, severity and dura-
tion of a problem.”
Distimiese
depressie
Soorte depressie
Die pasiënt moet twee of
meer van die volgende
simptome hê:
1. Swak of oormatige
eetlus
1
Major (ernstige) depressie
2. Slaaploosheid of
Simptome (bladsy 6) moet minstens 14 dae lank
oormatige lomerigheid
aanwesig wees om dit as ’n major depressiewe episode
3. Lae energievlakke en
aan te dui. Die siekte kom in herhalende episodes
moegheid
voor, amper soos asma-aanvalle.
4. Swak selfbeeld
5. Kan nie konsentreer of
2
Distimiese depressie
besluite neem nie
Net sommige (sien kassie) van die depressiesimp-
6. Gevoel van hopeloosheid
tome is oor ’n lang tydperk aanwesig. Dis nie so erg soos
die “ernstige” depressie nie, maar dit kan vir ten minste
***
1 tot 2 jaar aanhou sonder dat die persoon beter voel.
“Elke silwer randjie
het ’n donker wolk.” Die nuwe “normaal” … die toestand is nie so erg dat die
persoon se lewe heeltemal uitmekaar val nie en baie mense
leef daarmee saam. Hulle dink “dis maar hoe die lewe is”.
8
Susan van Breda
Drank & dwelms
help nie om ’n de-
Susan is in ons klas. Sy kerm en kla oor alles. Alles is
pressievegter beter
altyd verkeerd. Wanneer ons pouses buite sit, sit sy
te laat voel nie.
eenkant. Wanneer ons haar vra wat fout is, sê sy
niks. Sy’s fine. Alles is altyd fine of OK. Sy’s altyd so Wanneer dit oor ’n lang
tyd misbruik word, kan
op haar eie. Ons het al moed opgegee en nooi haar
dit tot depressie lei.
nie meer saam wanneer ons uitgaan nie, want sy’s
gedurig moeg. Sy is deel van die top 10 en speel
kokaïen | tik |
baie goed hokkie, maar Susan sê sy kan niks reg
dagga | mandrax
doen nie. Ons pelle sien nie meer kans om met
haar te sukkel nie. Party dae is alles awesome,
Al hierdie middels is
maar net die volgende oomblik is sy weer op mute.
uiters gevaarlik vir men-
Ughh, ek wil die girl sommer met ’n besem bykom!
se met depressie. Die
Mitzi sê sy’s seker Susan gebruik drugs of iets. As ‘n
middels het ’n invloed op
mens haar mooi in die gesig kyk, dan kan dit waar
die biochemie van die
wees … ag, ek weet ook nie.
brein en kan ’n episode
van depressie begin.
“Met die beskrywing wat haar maats van Susan
dwelms vs
gee, wil dit voorkom of haar uitdaging distimiese
antidepressante
depressie is. ’n Sielkundige of huisdokter moet
Die kans is baie klein
haar evalueer. Indien dit die geval is, kan sy tera-
dat jou antidepressant
pie en die gebruik van medikasie oorweeg om haar
reg sal werk as jy
lewenskwaliteit te verbeter.” oormatig drink of
dwelmmiddels misbruik.
Louise du Preez (kliniese sielkundige)
9
Wat veroorsaak depressie?
1
NEURO-OORDRAERS
dra met behulp van neuro-oordragstowwe die boodskap tussen die neurone (senuweeselle)
oor. Probleme kan met die chemiese oordrag van die boodskappe van een neuron na ’n ander
ontstaan. Die boodskap is dus “onvolledig” of “verkeerd”. As die neuron ’n verkeerde boodskap
ontvang, stuur hy op sy beurt ’n verkeerde boodskap aan, totdat die hele sisteem naderhand
wanfunksioneer. Wanneer daar ’n probleem met een of meer van hierdie boodskappers is, kan dit
aanleiding tot depressie gee.
2
OORERWING
’n Mens erf die helfte van jou gene van jou ma en die ander helfte van jou pa. Die risiko van
depressie word bepaal deur die kombinasie van jou gene en hoe dit by mekaar inpas. Dit is
eerder ’n verskeidenheid gene wat elkeen ’n bietjie tot die risiko bydra. Wanneer jy ’n depressieveg-
ter is, kan jy ongelukkig niks hieraan doen nie.
GENE …
dit bepaal ons kans op depressie, maar dis
nie noodwendig die “oorsaak” daarvan nie.
Gewoonlik is dit omgewingsfaktore wat
veroorsaak dat die persoon depressief raak.
3
OMGEWINGSFAKTORE
Wanneer daar in verband met depressie na “stres” verwys word, sal die meeste van ons dink
aan emosionele stres, eksamenstres en groepsdruk. Dit is belangrik, maar dis belangriker om
te weet dat ‘n mens ook kan stres as gevolg van beserings, operasies, ernstige siektes, aanhoudende
fisiek uitdagende omstandighede en (dwelm)middels.
10
Description:Meer en meer mense word vandag met depressie gediagnoseer, meer mense oorweeg selfdood en dis mense wat ons ken. Ek is nie 'n sielkundige of